Valke ondersoek Mcebisi Jonas

Valke ondersoek Mcebisi JonasJonas en Gordhan voor die begrotingsrede. Foto: Netwerk24

Die Valke se eenheid vir misdade teen die Staat samel inligting in wat die adjunk-minister van finansies, Mcebisi Jonas, kan betrek by korrupsie by South African Airways Technical, die instandhoudings­filiaal van die lugdiens.

Netwerk24 berig dat die hoof van die eenheid, Brigadier Nyameka Xaba, die ondersoek lei.

Xaba het ook verlede jaar die bedrogsaak teen die minister van finansies, Pravin Gordhan , ondersoek wat in Oktober verlede jaar laat vaar is.

Die ondersoek kom te midde van wye bespiegeling dat Jonas die teiken van ’n kabinetskommeling gaan word ten gunste van die gewese Eskom-baas, Brian Molefe, wat die afgelope week as ANC parlementslid ingehuldig is.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Be the first to comment on "Valke ondersoek Mcebisi Jonas"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This