Valke voer klopjag uit by kantoor van premier van Noordwes

Valke voer klopjag uit by kantoor van premier van Noordwes

Die Valke is besig om ʼn klopjag uit te voer by die kantoor van die premier van
Noordwes, Supra Mahumapelo, in Mmabatho, as deel van hulle ondersoek na
beweerde korrupsie en bedrog.

Dié saak staan in verband met ʼn multimiljoen rand inligtingstegnologiekontrak met Nepo Data Dynamics.

Die maatskappy het ʼn drie jaar kontrak met Mahumapelo se kantoor om die regering se inligtingstegnologiestelsel in die provinsie van stapel te laat loop en in te skakel.

Dokumente is op sosiale media gepubliseer wat beweer die maatskappy is R215 miljoen betaal.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This