Varke raak grootskaalse probleem vir Bfn inwoners

Die varke wat Pellissier teister, begin in ‘n grootskaalse probleem vir inwoners
in die Bloemfonteinse woonbuurt raak.

Netwerk24 berig ’n trop varke van ontwikkelingsboere op Bloemfontein se meentgronde, agter die koppie in die buurt, het die afgelope naweek weer die strate ingevaar om uit onopgetelde vullissakke te gaan vreet.

Rossouw Botes, DA-raadslid van die woonbuurt, sê hy gaan vandag by adv. Erica Cilliers van die openbare beskermer se kantoor in Bloemfontein om hulp
aanklop.

Verlede Maandag het die Bloemfonteinse DBV gaan help, waarna sewe varke gevang is.

Die afgelope Vrydag is nog een gevang, en Saterdag drie.

Botes sê hy is voortdurend in gesprek met senior amptenare van die Mangaung-metro, maar kry nie die gewenste ondersteuning nie.

Gister is ’n klomp varke sowat 1,8 km binne die woonbuurt in Liefdesliedjiesingel en ander strate gekry.

Daar is verlede week tot soveel as 21 varke in die woonbuurt opgemerk.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This