VBS Mutual Bank onder kuratorskap geplaas

VBS Mutual Bank onder kuratorskap geplaas

Die Nasionale Tesourie sê die besluit om VBS Mutual Bank onder kuratorskap
te plaas sal uiteindelik die bank weer op die regte koers kan plaas.

Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, het gister aangekondig dat die bank onder die kuratorskap van ‘n ouditeursfirma geplaas is.

Kganyago het die bank se kliënte gewaarsku dat dit moontlik is dat hulle nie dadelik hul geld sal kan terugkry nie.

Die Registrateur van Banke, Kuben Naidoo sê egter mense wat minder as R50 000 in hul rekeninge het sal onmiddellik toegang tot hul hê.

Hy sê dit is egter nodig dat die kurator die likiditeit van die bank in ag moet neem.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This