Veld-likkewaan veroorsaak groot konsternasie in die Rosestad

Veld-likkewaan veroorsaak groot konsternasie in die Rosestad

’n Veld-likkewaan het groot konsternasie in die Rosestad veroorsaak toe hy
hom onder ‘n inwoner se voertuig tuisgemaak het en deur ‘n natuur-bewaarder verwyder moes word.

Veld-likkewaan veroorsaak groot konsternasie in die Rosestad

Foto: Volksblad

Netwerk24 berig die veld-likkewaan het in Tweede Laan onder ‘n inwoner se motor ingeklim en verbete aan die voorwiel vasgeklou.

Jan-Harry Baloyi Seakamela, of Slangman, soos hy bekendstaan, se hulp moes
ingeroep word om die halsstarrige likkewaan uit te haal.

Volgens Slangman, ’n natuurbewaarder by die Mangaung-metro se departement van parke, is die verskyning van ’n likkewaan in die openbaar nie so ’n seldsame gebeurtenis nie en word hy gereeld uitgeroep om likkewane te vang en weer in die natuur vry te laat.

Die veld-likkewaan het wel baie skerp tande, maar sy byt is nie giftig nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This