Veldbrande woed deur Kalifornië

Veldbrande woed deur Kalifornië

Duisende mense in die suide van Kalifornië moes voor veldbrande vlug wat deur sterk wind aangeblaas word.

In die Ventura-distrik, noord van Los Angeles het die brande Maandag opgevlam en vinnig binne `n paar uur versprei.

Meer as 150 huise is afgebrand en `n hospitaal vir psigiatriese pasiënte is vernietig.

Talle huise aan die buitewyke van Los Angeles smeul nog en `n snelweg is weens digte rook gesluit.

Die brandweer in Ventura sê bykans 27 duisend mense moes uit hul huise vlug en sowat 18 duisend hektaar beboste gebied is afgebrand.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This