‘n Man wat na bewering gister in die vroeë oggendure by die perseel van ‘n laerskool in Lotusrivier in die Kaapse Skiereiland ingebreek en die opsigter se huis aan die brand gesteek het, is deur ‘n veiligheidswag geskiet en gewond.
Die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, kaptein FC van Wyk, sê die wag is glo deur die verdagte aangeval en met die dood gedreig waarna hy verskeie skote op die man gevuur het.
Die woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Millicent Merton, sê afgesien van die opsigter se huis, is daar rookskade aan die administrasiegebou en die elektriese heining is ook beskadig.