VERKLARING: WELKOM SE DRINKWATER IS SKOON EN VOLDOEN AAN GESONDHEIDSTANDAARDE

Rosestad 100.6 Water 1

Welkom se drinkwater is skoon en voldoen aan gesondheidstandaarde.

AfriForum het die feit met Sedibeng Water bevestig.

Die verklaring word uitgereik ter aanvulling van ʼn verklaring oor besoedeling in die omgewing wat gister deur AfriForum uitgereik is.

Ondergrondse waterbronne, stroomaf van Witpan, Welkom, kan egter moontlik met besoedeling te kampe kry weens bloed afkomstig van die slagpale en riool wat nie deur Witpan se rioolsuiweringsaanleg gesuiwer en op standaard gestort word nie.

AfriForum wil boere ook graag waarsku oor die moontlikheid van besoedelde water.

Verklaring: Afriforum


WATERNUUS LOGO FB

Rosestad 100.6 Nuus Logo

 

 

 

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This