Verskeie lewenslange vonnisse vir Henri van Breda

Verskeie lewenslange vonnisse vir Henri van Breda

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die driedubbele bylmoordenaar, Henri van Breda, drie lewenslange vonnisse opgelê vir moord, 15 jaar vir poging tot moord en 12 maande vir dwarsboming van die gereg.

Van Breda is skuldig bevind aan die moorde op sy ouers en ouer broer en die ernstige besering van sy jonger suster tydens ʼn aanval in hulle gesinswoning op Stellenbosch in 2015.

Regter Siraj Desai het Van Breda se optrede op die moordnag as koelbloedig bestempel.

Die NVG se Eric Ntabazalila het die vonnis verwelkom en sê hulle sal Van Breda se aansoek om verlof tot appèl teenstaan vir beide sy skuldigbevinding en vonnis.

Die aansoek word op 27 Junie aangehoor.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.