Verskeie projekte vir VS aangekondig deur Magashule

Verskeie projekte vir VS aangekondig deur Magashule

Die uittredende Vrystaatse premier, Ace Magashule, het in sy laaste
provinsiale rede Dinsdagaand in Parys verskeie projekte vir die provinsie
aangekondig.

Netwerk24 berig volgens Magashule gaan Bloemfontein ‘n splinternuwe psigiatriese hospitaal kry.

Geen verdere inligting is egter in sy provinsiale rede daaroor verstrek nie.

Nuwe mediese geriewe vir die behandeling van tuberkulose is in onder meer die Suid-Vrystaat en Welkom geopen.

’n Splinternuwe gerief vir die behandeling van drank- en dwelmverslaafdes open in Maart vanjaar in Clarens.

Magashule het voorts gesê hy is trots daarop dat die Vrystaat onder sy amp twee prominente standbeelde – een vir Oliver Tambo en een vir Fidel Castro – opgerig het.

Nog twee standbeelde gaan opgerig word: een vir Albertina Sisulu en een vir Fezile Dabi.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This