Versperrings op brûe in Londen

Versperrings op brûe in LondenFoto: New York Post

Owerhede het versperrings op ‘n aantal brûe in Londen aangebring ná Saterdag se aanval.

Sewe mense is dood en tientalle gewond toe die aanvallers met ‘n voertuig op die Londen-brug tussen mense ingejaag het en daarna ‘n aantal mense met messe aangeval het.

Die polisie het al 33 brûe in Londen bestudeer om die versperrings tussen voetgangers en voertuie aan te bring.

Die Wesminster-brug, waar ‘n aanvaller in Maart tussen mense ingejaag het, was die eerste wat die versperrings gekry het.

Versperrings is ook reeds by die Waterloo- en Lambeth-brûe aangebring.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This