VF Plus het die Mangaung Metro-munisipaliteit versoek om dringend maatreëls te implementeer oor die verwydering van vullis

Metro se begroting, ontwikkelingsplan "nie prakties"

Die VF Plus het die Mangaung Metro-munisipaliteit versoek om dringend maatreëls te implementeer om te verseker dat woonbuurte waar vullis in sommige gevalle vir twee weke nie verwyder is nie, wel dié dienste kry.

Na berig word is daar ‘n agterstand by munisipaliteite se direktoraat vir afvaldienste en vlootbestuur.

Die VF Plus het verneem dat die vulliseverwyderingsvoertuie die afgelope tyd nie funksioneer nie weens die feit dat lisensies in die vloot agterstalling is.

Die VF Plus is oorval met klagtes van ongelukkige inwoners wat reeds vir weke nie vullisdienste kry nie.

Gevolglik is die Mangaung Stadsbestuurder, adv. Tankiso Mea, versoek om dringend aan die vullis-situasie aandag te skenk, veral in ag geneem dat die Paasnaweek môre begin en normale dienste eers teen Dinsdag kan plaasvind.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This