VF Plus steun mosie van wantroue teen Magashule

"MAGASHULE MOET SY DEPARTEMENT ONDERSOEK"

Die VF Plus sê hy sal die mosie van wantroue ondersteun wat die DA teen
premier Ace Magashule by die Vrystaatse wetgewer ingedien het, terwyl die EFF nog oor die skuif op die draad sit.

Netwerk24 berig dr. Roy Jankielsohn, DA-leier in die wetgewer, sê die DA het ’n mosie van wantroue teen Magashule by Mamiki Qabathe, die speaker, ingedien.

Dit spruit onder meer uit die wanbesteding van R220 miljoen wat betref die Vrede-suiwelprojek waarin Magashule geïmpliseer word.

Tammy Wessels, VF Plus-lid van die Vrystaatse wetgewer, sê hulle ondersteun die mosie omdat Magashule nog nooit goed was vir die Vrystaat nie.

Kgotso Morapela, Vrystaatse EFF-leier, sê die EFF sal vandag ‘n besluit neem.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé