Vierde liggaam by Sibanye Stillwater se myn gekry

Vierde liggaam by Sibanye Stillwater se myn gekry

Die mynmaatskappy Sibayne-Stillwater het bevestig dat die liggaam van ‘n vierde mynwerker vroeg vanoggend by die Kloof Ikamva-skag naby Westonaria in Gauteng gevind is.

Die maatskappy sê ‘n gespesialiseerde reddingspan gaan voort met die soektog na ‘n vyfde werker wat nog vermis word.

Die werkers is volgens berigte gister in ‘n ongebruikte gebied deur gas en hitte oorval.

Die president van Amcu, Joseph Mathunjwa het intussen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa gedoen om dringend in te gryp om wetgewing te wysig sodat mynwerkers meer regte het om te weier om in gevaarlike omstandighede te werk.

Die vakbond beweer dat ‘n mynbestuurder werkers gedwing het om ondergronds te gaan ten spyte daarvan die Departement van Minerale Bronne verlede week opdrag gegee het dat werksaamhede by die skag weens hoë temperature gestaak word.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé