VN waarsku teen ernstige voedseltekorte weens El Niño

Rosestad 100.6 Nuus Droogte VN Suider Afrika

Die Verenigde Nasies se Voedsel­ en Landbou­organisasie het gewaarsku dat die sterkste El Niño­weerverskynsel in 18 jaar voedseltelkorte vir sowat 6,3 miljoen mense in die droogtegeteisterde Suider­Afrika in 2016 sal veroorsaak.

Die organisasie sê mielieproduksie, wat sowat 80 persent van alle graanproduksie in die streek uitmaak, het met byna 30 persent geval weens die erge droogte.

Kleiner oeste en ‘n laer produksie van lewendehawe kan ná verlede jaar se teleurstellende seisoen, wat reeds tot hoër voedselpryse gelei het, ‘n ernstige impak  op voedselsekerheid in 2016 hê.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Be the first to comment on "VN waarsku teen ernstige voedseltekorte weens El Niño"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This