Voormalige ANC-werknemer wat verbind word met transitoroof word as gereelde misdadiger uitgemaak

Voormalige ANC-werknemer wat verbind word met transitoroof word as gereelde misdadiger uitgemaak

Die minister van Polisie, Bheki Cele, sê die voormalige ANC-werknemer wat in
hegtenis geneem is in verband met ʼn transitoroof in Soweto, word met ander misdade ook verbind.

Velile Present en sy drie medebeskuldigdes sal weer teen die einde van
die maand in die Roodepoortse Landdroshof verskyn.

Tydens ʼn mediavoorligting in Kaapstad vandag het Cele gesê hulle het vasgestel dat Present ʼn gereelde misdadiger is.

Cele het in antwoord op toenemende oproepe dat die Weermag in die bedegeteisterde gebiede van die Wes-Kaap ontplooi moet word, gesê die fase dat soldate in die provinsie ingebring moet word het nog nie aangebreek nie.

Die ANC in KwaZulu-Natal sê intussen sy provinsiale konferensie sal die party help om sterker en meer verenig na vore te tree.

Die konferensie vind vanaf vandag tot Saterdag by die Durbanse Universiteit van Tegnologie plaas.

Die konferensie sou verlede maand plaasgevind het, maar is uitgestel toe ongelukkige lede ʼn hofaansoek ingedien het.

Die ANC se taakspankoördineerder in die provinsie, Sihle Zikalala, sê hulle het aandag gegee aan al die bekommernisse van die ongelukkige lede en hulle
verwag nie dat die konferensie ontwrig sal word nie.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.