Voormalige Kaapstadse raadslid doodgeskiet

Voormalige Kaapstadse raadslid doodgeskiet

Die ANC het bevestig dat ʼn lid van sy Wes-Kaapse uitvoerende komitee, Elese Depouche, gisteraand doodgeskiet is by sy huis in Crossroads op die Kaapse
Vlakte.

Sy vrou is tydens die aanval beseer.

Die 50-jarige Depouche is in 2015 afgedank as Kaapstadse raadslid toe hy daaraan skuldig bevind is dat hy ʼn wapen op ʼn bejaarde inwoner van Nyanga gerig het.

Die motief vir gisteraand se aanval is nog nie duidelik nie.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This