Vrede-melkplaas-skandaal kring nog verder uit

Die Vrede-melkplaas-skandaal in die Vrystaat kring nog verder uit met die lys van begunstigdes van die projek wat nou eers gesif moet word om al die staatsamptenare te skrap.

Netwerk24 berig ‘n nuwe lys van begustigdes, oftewel nuweling-boere, moet dan opgestel word sodat die plaas in hulle sorg toevertrou kan word.

Tans word die projek deur die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie bestuur, wat op sy beurt die maatskappy Etsho teen R900 000 per maand
aangestel het om die werk namens hom te doen.

Volgens Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, dui die feit dat die begunstigdes nog nie betrokke is by die projek nie, daarop dat Etsho die enigste begunstigde is.

Etsho sal R32,5 miljoen oor drie jaar uit die projek verdien.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This