Vrede-projek: “OB moet bedank”

Parlement gaan OB se opdrag in hof betwis

Die EFF sê die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se verslag oor die
Vrede-melkplaas toon dat sy onbevoeg is en dat sy moet bedank.

Die party sê in ‘n verklaring dat Mkhwebane se verslag ‘n poging is om die Vrystaatse premier, Ace Magashule, en sy regering vry te spreek.

Die EFF sê Mkhwebane weerspreek haarself deur te sê dit was moeilik om die nodige dokumentasie te bekom en voor te stel dat die politici wat die projek geïnisieer en goedgekeur het, nie aanspreeklik gehou word nie.

Sy het egter bevestig dat die Wet op openbare finansiëlebestuur verontagsaam is.

Die EFF het ‘n oproep op die Valke gedoen om strafregtelike optrede by die Vrede-projek te ondersoek.

Mkhwebane is intussen ontbied om haar verslag aan die Parlement te verduidelik.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This