Vrede-suiwelprojek: OB glo selektief oor inhoud van finale verslag

Vrede-suiwelprojek: OB glo selektief oor inhoud van finale verslag

Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het glo genoeg getuienis
ontvang dat die minister van minerale bronne, Mosebenzi Zwane betrek word by die herleiding van staatsfondse na die Gupta-maatskappy Estina, maar het besluit om dit nie in te sluit in haar finale verslag oor die Vrede-suiwelprojek nie.

Die Sunday Times berig dat Zwane, wat in daardie stadium invloed uitgeoefen het oor die Vrystaatse departement van landbou, die opdrag gegee het dat die R220 miljoen direk vanuit die staatskoffers betaal moet word.

Mkhwebane se besluit om nie vir Zwane in te sluit nie, was volgens berigte omdat hy nie deel uitgemaak het van die aanvanklike amptelike klag nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This