Vrou (58) in huis oorval; bure trek een van die verdagtes vas

Vrou (58) in huis oorval; bure trek een van die verdagtes vas Jana Marinkov se man, Ivan, vat haar hospitaal toe na die oorval. Foto: Netwerk24

’n Vrou wat oorspronklik van Kroasië afkomstig is, is gisteroggend in haar huis in Uitsig hier in Bloemfontein deur twee mans oorval, aangerand en beroof.

Die 58-­jarige Jana Marinkov het ’n gebreekte rib en ’n gebreekte neus in die aanval opgedoen.

Toe Jana begin skreeu het, het haar bure haar te hulp gesnel.

Netwerk24 berig Louis de Beer en sy seun Morne het hulle agternagesit en een van die verdagtes vasgetrek.

Hulle het ook op ‘n hoeveelheid gesteelde goedere beslag gelê.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This