Vrou eis R10 000 ‘n maand vir hare en naels

Vrou eis R10 000 'n maand vir hare en naels

ʼn vrou eis meer as R63 000 ʼn maand se onderhoud in die Hooggeregshof in Pretoria van haar vervreemde gemeenregtelike eggenoot.

Sy voer aan dat sy haar werk opgegee het om ʼn goeie huisvrou te word.

IOL berig dat die 30-jarige vrou sê tydens hulle verbintenis van nagenoeg twee jaar het die man vir haar ‘n toelae gegee en sy het gewoond geraak aan ʼn bepaalde lewenswyse.

Die vrou eis ondermeer R10 000 ʼn maand vir hare en naels.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.