Vrou en seun uit see oppad na Rio gered

Rosestad 100.6 Nuus Vroue en Seun na Rio de Janeiro

‘n Vrou en haar seun is uit die see gered nadat hulle met ‘n boot van Kaapstad na Brasilië wou roei, maar nie verder as die Kaapse Weskus gekom het nie.

Craig Lambinon van van die Nasionale Seereddingsinstituut sê die 50-jarige vrou van Durban en haar 27 jarige seun van Kaapstad het glo van die Royal Cape seilbootklub in Kaapstad af vertrek.

Hulle wou van Kaapstad na Rio de Janeiro roei.

Die NSRI het egter kort daarna ‘n versoek om bystand ontvang van die twee op die seilboot.

Die vrou het siek geword op see weens die deinings en altwee is veilig terug in die hawe in Tafelbaai.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This