Vrou gearresteer vir die besit van kokaïen-rys

Vrou gearresteer vir die besit van kokaïen-rys

‘n 24-Jarige vrou is by die Beitbrug-grenspos naby Musina in Limpopo deur die polisie in hegtenis geneem nadat drie kilogram kokaïen, wat met rys gemeng was, in haar besit gevind is.

Die vrou was op ‘n bus wat Suid-Afrika van Malawi af binnegekom het.

Die straatwaarde van die kokaïen is sowat R1,6 miljoen.

Sy sal vandag in die Musina-landdroshof verskyn.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This