Vroue brei vir behoeftige kinders

Vroue brei vir behoeftige kindersTruie en poppies word op groot skaal vir die behoeftige kinders gebrei. Foto: Netwerk24

Die vroulike inwoners van die Westerbloem­-sentrum vir bejaardes in die Rosestad se breinaalde klik behoorlik soos daar vir die NG gemeente Aandbloem se breiprojek gewerk word.

Van vandag af word stapels van die helderkleurige breiprodukte uitgedeel.

Truie en poppies word op groot skaal vir die behoeftige kinders gebrei en by die bewaarskole in die Westerbloem­omgewing in die Rosestad asook in Botshabelo uitgedeel.

Cicile Strauss, voorsitter van die getuieniskommissie van die NG Kerk in die Vrystaat, en Ria Smit, voormalige voorsitter, staan aan die stuur van die projek.

Volgens hulle is daar sedert die stigting van Aandbloem in 1994 in Bloemfontein altyd vroue wat vir ’n breiprojek brei.

Dit het eers in 2005 ’n georganiseerde projek geword.

Netwerk24 berig die vroue het ook projek waar musse en serpe jaarliks na Biblia in Port Elizabeth vir verspreiding onder matrose gestuur word.

 

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This