Vrystaat eerste in die ry vir digitale televisie

Vrystaat eerste in die ry vir digitale televisie

Die Vrystaat gaan die eerste provinsie in die land wees wat teen einde 2018 gaan oorskakel van analoog na digitale aarde-televisie.

Netwerk24 berig dat die minister van kommunikasie, Nomvula Mokonyane, gister aangekondig het dat mense wat nie satteliet-televisie kyk nie, hulle moet begin voorberei op die omskakeling wat gaan beteken dat hulle digitale televisies moet aanskaf.

Die minister het ‘n beroep gedoen op die mense van die Vrystaat om aansek te doen om ‘n subsidie, of om toerusting met digitale vermoë aan te skaf, om die ononderbroke uitsendings te kan geniet.

Die minister het ook aangedui dat radio-uitsendings gaan digitaliseer.

Michiel Combrinck
Michiel Combrinck is gebore en getoë in die Vrystaat. Hy matrikuleer in 2002 aan die Hoërskool Bloemfontein (voorheen J.B.M Hertzog) en verky ‘n diploma in hotelbestuur. “Ek het grootgeword in ‘n huis waar musiek n groot rol gespeel het; die radio was altyd aan en country-musiek was en is altyd die groot gunsteling (vandaar ook my voorliefde vir goeie, ou country). Michiel sing self van kleins af en probeer so gereeld as moontlik op te tree. “My gesin is die as waarom my wereld draai en op hierdie stadium leef ek my droom uit agter die mikrofoon.”

Pin It on Pinterest

Shares
Share This