“Vrystaatse departement van gesondheid is nie meer onder administrasie nie”

Skok oor die uitgawes van die Vrystaatse provinsiale regering

Die Vrystaatse LUR vir finansies, Elzabe Rockman, sê die Vrystaatse
departement van gesondheid is nie meer onder administrasie nie.

Netwerk24 berig Rockman het in reaksie op haar begrotingsrede wat sy verlede week by die Gariepdam gelewer het en daar sal voortgegaan word om op spesifieke gebiede te fokus, insluitend die hersiening van sekere kontrakte.

Rockman sê daar gaan nou op nuwe projekte gefokus word, wat insluit inligting- en kommunikasietegnologie en die finansieringsmodelle vir kritiek belangrike infra- struktuur en toerusting wat deur die gesondheidsdepartement en die tesourie saam bestuur sal word.

Sy sê die Vrystaatse gesondheidsdepartement sal in die volgende drie boekjare R33,3 miljard bestee, onder meer aan medisyne, mediese toerusting, mediese afvalverwydering, en voedseldienste.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This