VS en NK moet hul staal vir koue

Vrystaters en Noord-Kapenaars moet hulle staal vir die koue aangesien die tierende Kaapse storm binne die volgende paar dae tot temperature onder die vriespunt in die sentrale streke sal lei.

Netwerk24 berig Quinton Jacobs van die Bloemfonteinse weerkantoor sê byna die hele Vrystaat, behalwe Welkom en Harrismith, kan binnekort swartryp verwag.

Die minimum temperature sal draai tussen -5 en -6 grade, terwyl die maksimum temperature nie hoër sal wees as die middel tiene. In die Noord-Kaap lyk die prentjie dieselfde. Oor die naweek sal die kwik effens styg met die minimum temperature nader aan vriespunt en die maksimum temperatuur nader aan 20 grade.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This