VS regering ontken dat die provinsiale rede ‘n afskeidspartytjie is vir Magashule

Die Vrystaatse regering ontken dat die Vrystaatse provinsiale rede Dinsdagaand in die Afridome in Parys misbruik sal word as ’n duur afskeid vir Ace Magashule, die Vrystaatse premier.

Netwerk24 berig Magashule is onlangs as die ANC se nuwe sekretaris-generaal aangewys en sal derhalwe sy pos as die Vrystaatse premier moet ontruim.

Opposisie-partye hou vol dat die geleentheid gebruik gaan word om op luisteryke wyse van Magashule afskeid te neem.

Die speaker van die Vrystaatse wetgewer, Mamiki Qabathe, het gister op ’n
mediakonferensie gesê vanjaar se provinsiale rede sal nie meer as R3 miljoen kos nie, wat ooreenstem met die koste van vorige jare.

Sowat twee duisend gaste word verwag op die geleentheid wat gepaard sal gaan met allerlei vermaak.

Onder die gaste sal Vrystaatse LPW’s, afgevaardigdes van die provinsiale regering en burgemeesters en stadsraadslede van Vrystaatse dorpe wees.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This