VS wetgewer hou spesiale sitting om ‘n nuwe premier te verkies

"Zuma gaan president bly" - Magashule

Die Vrystaatse wetgewer sal vandag ‘n spesiale sitting hou om ‘n nuwe premier te verkies.

Dit volg nadat die Vrystaatse premier, Ace Magashule wat nou die ANC se sekretarisgeneraal is, amptelik as premier bedank het.

Magashule was sedert die verkiesing in 2009 premier van die Vrystaat.

Die ANC het vroeër die maand aangekondig dat die adjunkpresident van die party se vroueliga en Vrystaatse LUR vir Samewerkende Regering, Sisi Ntombela, hulle voorkeurkandidaat vir premier is.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This