VSA en Noord-Korea teken geskiedkundige dokumemt in Singapoer

VSA en Noord-Korea teken geskiedkundige dokumemt in Singapoer

Die Amerikaanse president, Donald Trump en die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen het na hulle geskiedkundige beraad in Singapoer ‘n dokumente onderteken.

Dit is nog nie duidelik presies wat die dokument behels nie, maar Trump het dit as ‘n redelik omvattende en baie belangrike dokument bestempel.

Kim sê die twee lande het ooreengekom om die verlede agter te laat en dat die wêreld ‘n groot verandering gaan sien.

Trump het na die ondertekening van die dokument gesê hy en Kim sal beslis weer ontmoet, en dat hy bereid is om Kim na die Withuis te nooi.

Trump het vroeër die vergadering met Kim as fantasties bestempel en gesê dit het beter gegaan as wat enigiemand kon verwag.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé