Vulstasie beroof: Gewapende mans gearresteer nadat hotel ook beroof is

Vulstasie beroof: Gewapende mans gearresteer nadat hotel ook beroof is

Die groep gewapende mans wat ’n vulstasie in Bloemfontein die afgelope
naweek beroof het, is in hegtenis geneem kort nadat ’n hotel ook beroof is.

Netwerk24 berig die groep vermeende rowers is gister in die vroeë oggendure in hegtenis geneem kort nadat hulle op die Fourways-hotel in Heidedal toegeslaan en geld, selfone en klere geroof het.

Sers. Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder, sê die agt mense, insluitend ’n vrou, sal vandag op aanklagte van gewapende roof, die besit van dwelms en die besit van vermoedelik gesteelde goedere in die hof verskyn.

Hulle word met Sondagoggend se rooftog by die Engen-vulstasie op die
N8 verbind word.

Drie gewapende mans het Sondag omstreeks 23:00 by die hotel ingestorm en geld, selfone en klere geroof.

Hulle is ‘n paar uur later aangekeer en van die gesteelde artikels sowel as dwelms is in hul besit gevind.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé