“Wanneer die nasionale minimumloon in werking tree, sal miljoene werkers daarby baat”

Implementering van wetsontwerp op nasionale minimumloon is uitgestel

Die minister van Arbeid, Mildred Oliphant, sê wanneer die nasionale minimumloon in werking tree, sal meer as 6 miljoen werkers daarby baat.

Die minimumloon sal nie onmiddellik huishulpe of plaaswerkers insluit nie, maar die bedoeling is dat hulle binne twee jaar nadat dit ingestel is op dieselfde vlak as die minimumloon sal verdien.

Die regering is steeds nie seker van die datum van tenuitvoerbrenging nie.

Oliphant sê die regering betaal meer as 4,5 miljoen werkers deur ministeriële sektorbepalings.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This