WATERBEPERKINGS: METRO WIL NOUBOETES INSTEL

Rosestad 100.6 Water 1

Die Mangaung-metro gaan voortaan inwoners beboet indien hulle hulle nie aan die beperkings steur nie.

Qondile Khedama, hoofbestuurder van kommunikasie van die metro, het bevestig die boetes is ingestel ingevolge die metro se regulasies op waterdienste wat reeds in die Staatskoerant afgekondig is.

Mxolisi Siyonzana, speaker, het op die raadsvergadering Donderdag gesê die boetes is goedgekeur en die inwoners sal van nou af behoorlik daaroor ingelig word.

Eerste oortreders wat byvoorbeeld hul tuin met ’n tuinslang of besproeiingstelsel natmaak, sal met R 1 000 beboet word.

Tweede oortredings word met R 2 000 beboet.

Dit is nog onduidelik hoe boorgat-eienaars geraak word.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This