WATERNUUS: BLOEDWATER ÉN ROU RIOOL BESOEDEL WELKOM DRINKWATER (VIDEO)

WATERNUUS BLOEDWATER ÉN ROU RIOOL BESOEDEL WELKOM DRINKWATER

Welkom se drinkwater is nou bloedwater.

Johan Terblanche, voorsitter van die AfriForum Welkom-tak, sê die water moet ingevolge wetgewing na die rioolwerke vloei vir suiwering, maar noudat die rioolwerke buite werking is, het die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit ʼn rioolmangat oopgebreek wat die water herlei. Wat van groot kommer is, is dat die ongesuiwerde riool- en bloedwater in die die panne vloei waaruit Welkom se drinkwater kom.

AfriForum eis onmiddellike optrede van die departement van water en sanitasie asook van die munisipaliteit, en sal regsaksies instel indien die owerhede nie onmiddellik oplossings toepas nie.

“Dié waterbesmetting kan deur die munisipaliteit gestop word, maar hulle lig nie ʼn vinger nie. Die rioolwerke word nie in stand gehou nie, en rioolwerke is een ding wat binne ʼn munisipale gebied móét werk vir inwoners se gesondheid. Menseregte word direk deur hierdie laksheid van die munisipaliteit geskend,” sê Johann Hattingh, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Wes-Vrystaat.

“Op twee ander plekke in die Wes-Vrystaat loop rou riool ook in oorvol panne, wat oorloop tot in boere se landerye. Hulpkrete aan die munisipaliteit werp nie vrugte af nie. AfriForum sal met durf hierdie saak op al drie plekke probeer oplos.

Dit mag nie voortduur nie.”

Sien ʼn amateurvideo van Welkom se bloedwater:

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This