Waterpyp in Bfn is herstel

Waterpyp in Bfn is herstel

Die hoofwatertoevoerpyp van die Welbedachtdam af na die Brandkop-wateropgaartenk in Pellissier in Bloemfontein wat vermoedelik Maandagnag gebars het, is gistermiddag laat herstel.

Waterpyp in Bfn is herstel

Die pyp wat gistermiddag laat herstel is. Foto: Netwerk24

Die waterpyp, van sowat 1,2 m in deursnee, het soos verlede jaar naby die Reddersburg-Kerkstraat-kruising gebars.

Rossouw Botes, DA-raadslid van die Mangaung-metro en woordvoerder oor watersake, het aan Netwerk24 gesê water sou teen gisternag weer van die Welbedachtdam af die pypleiding vol loop, waar dit versper is om herstelwerk te kon doen.

As als volgens plan verloop het, sou die water teen verlede nag weer in die Brandkop-opgaartenk by Pellissier geloop het en na ander opgaartenks in die stad versprei.

 

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This