Wayde se ma was glo self ‘n slagoffer van verkragting in haar tienerjare

Wayde se ma was glo self ‘n slagoffer van verkragting in haar tienerjare

Die ma van die Olimpiese kampioen, Wayde van Niekerk, was glo self in haar
tienerjare ‘n verkragting-slagoffer, wat bes moontlik die rede is vir haar stilswye oor haar man se huidige aanklag van verkragting.

Rosestad Nuus het betroubaar verneem dat Odessa Swarts as 14-jarige verkrag is, en dat haar man, Steven, se aanklag op die verkragting van een van sy atlete, ‘n traumatiese effek tot gevolg moet hê.

Swarts verskyn op 3 Augustus weer in die hof op aanklag van verkragting.

Netwerk24 berig hy is uit op borgtog van R1000 nadat hy reeds onlangs die eerste keer in die hof verskyn het.

Hy ontken die verkragtingsklag teen hom ten sterkste.

Die betrokke voorval het na bewering op 25 Junie by Eunice plaasgevind toe Swarts ‘n vroue-atleet gemasseer het.

Die staat beweer Swarts het die atleet met sy vinger gepenetreer.

Sedert ’n wetswysiging in 2007 kwalifiseer penetrasie met enige voorwerp as
verkragting.

Odessa het gesê die gereg moet sy loop neem en dat sy nie nou gaan
kommentaar lewer nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé