Wayde van Niekerk se stiefpa verder vervolg op verkragtingsklag

Wayde van Niekerk se stiefpa verder vervolg op verkragtingsklag

Die stiefpa van die Olimpiese gouemedalje-wenner, Wayde van Niekerk, Steven Swarts, gaan verder vervolg word op ‘n klag dat hy ‘n vroulike atleet verkrag het.

Netwerk24 berig nadat die senior aanklaer van die hof vir seksuele misdade in
Bloemfontein vandeesweek ’n onderhoud met die 23-jarige klaagster gevoer het, is daar finaal besluit om Swarts te vervolg.

Laasgenoemde is ’n bekende atletiekafrigter in Bloemfontein.

Daar word verwag dat wanneer hy weer in die landdroshof in Bloemfontein op ’n aanklag van verkragting verskyn, die saak oorgeplaas sal word na een van die streekhowe vir seksuele misdade.

Die aanklag teen Swarts volg glo op gebeure die aand van 25 Junie by Eunice-skool.

Luidens ’n voorlopige klagstaat het Swarts die atleet met sy vinger gepenetreer toe hy haar lieste gemasseer het.

Die afrigter het op 29 Junie vlugtig in die landdroshof in Bloemfontein op ’n aanklag van verkragting verskyn nadat hy homself dié oggend aan die polisie oorgegee het.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé