Wetsontwerp: VS inwoners kry kans om hul mening te lug

Wetsontwerp: VS inwoners kry kans om hul mening te lug

Vrystaatse inwoners kry binnekort die kans om hul mening te lug in openbare verhore oor die omstrede Wetsontwerp op Onteiening.

Netwerk24 berig die wetsontwerp is reeds op 23 Februarie deur die parlement aanvaar waarna dit na die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) verwys is vir ’n proses waarby provinsies en hul inwoners kommentaar daarop kan lewer.

Daarna sal dit terug na die NRP en daarna na die president vir ondertekening gaan.

Openbare verhore word onderskeidelik op 15 Maart in die Parys­-stadsaal; 17 Maart in die Ferdi Meyersaal in Welkom; 29 Maart in die Trompsburg-­ouditorium; 30 Maart in die Mangaung-­streekkantoor in Thaba Nchu en 31 Maart in die Ou Parlementsgebou in Phuthaditjhaba, Qwaqwa, gehou.

Dit begin soggens om 10­-uur.

Volgens Leona Kleynhans, DA-lid in die Vrystaatse wetgewer, kan diegene wat reeds kommentaar gelewer het tydens die parlementêre proses, ook weer as Vrystaters hul mening lug.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This