Xander Bylsma weer vandag voor in Vryburgse Landroshof

Xander Bylsma weer vandag voor in Vryburgse Landroshof

‘n Negentienjarige verdagte wat daarvan verdink word dat hy twee skoolmeisies van die Hoërskool Stella in Noordwes vermoor het, sal vanoggend in die landdroshof op Vryburg verskyn.

Xander Bylsma was ‘n voormalige vriend van een van die meisies.

Die liggame van Sharnelle Hough en Marna Engelbrecht is in Mei vanjaar in
die skoolkoshuis gekry.

Hy het na bewering by die koshuis ingeglip, die moorde gepleeg en dit na selfmoord laat lyk.

Bylsma het aan ondersoekbeamptes erken dat hy die moorde gepleeg het.

Hy is dieselfde dag in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.

Die tiener het vroeër sy borgaansoek laat vaar uit vrees vir sy lewe.

Die voorval het skokgolwe regoor die land gestuur en die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga het gevra dat geregtigheid geskied.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé