Yvette Greyling tot 8 jaar tronkstraf gevonnis

Yvette Greyling tot 8 jaar tronkstraf gevonnis

Die voormalige eienaar en stigter van die Just Letting-eiendomsagentskap in Uitenhage, die 43-jarige Yvette Greyling, is in die plaaslike handelshof tot effektief agt jaar tronkstraf gevonnis.

Sy het verlede maand erken dat sy tussen 2013 en 2014 meer as R880 000 uit die trustrekening van haar klante se huurrekeninge gesteel het.

Landdros Louis Claassen het gesê die minimum vonnis vir enige eerste oortreder wat meer as R500 000 gesteel het, is 15 jaar, maar die hof het versagtende omstandighede in ag geneem.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This