Zika-virus: entstof kan eers in 2018 beskikbaar wees

Zika-virus: entstof kan eers in 2018 beskikbaar wees

Amerikaanse wetenskaplikes sê ‘n entstof vir die Zika-virus kan op die vroegste moontlik eers in 2018 beskikbaar wees.

‘n Entstof om op mense te toets kan egter reeds in Augustus of September gereed wees.

Navorsing word tans in Maryland in die Amerika gedoen.

Dit is dieselfde laboratorium wat ‘n gevorderde entstof vir die ebola-virus ontwikkel het.

Die wetenskaplikes fokus op swanger vroue weens die sterk skakel tussen die virus en babas wat met kleinskedeligheid gebore word.

Hulle sê toetse op mense is slegs die begin van ‘n lang proses.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This