Zille se skorsing ‘swak hanteer’

POGINGS DEUR ANC TEEN HELEN ZILLE HET MISLUK

Die voormalige leier van die DA, Helen Zille, sê skorsing kan veral negatiewe gevolge inhou vir sy magsbasis in die Wes-Kaap.

Dit is volgens die politieke wetenskaplike van die Noordwes Universiteit, prof André Duvenhage, wat meen dat die prosedure om Zille te skors na haar tweets oor kolonialisme in Suid-Afrika, swak hanteer is.

“As dit verwater word deur polities-korrekte optrede, dan kom daar rooi ligte rondom die DA aan.”

“Ek kry die idee dat daar ‘n baie sterk binnegeveg in die party heers en dat die leier, Mmusi Maimane, poog om so gou as moontlik van Zille ontslae te raak,” sê Duvenhage

Hy sê dit is moontlik om ideologies om van Zille se tweets oor kolonialisering te verskil, maar dit wat sy gesê het akademies nie heeltemaal verkeerd was nie.

Duvenhage meen ‘n beheptheid om polities-korrek te wees, kan enige politieke party skade berokken.

DA Leier, Mmusi Maimane

“Wat mens altyd van die DA gewaardeer het as ‘n opposisieparty is dat hulle klinies op die punt af beweeg en dat hulle sterk waardestelsel het wat demokraties ingekleur is. As dit verwater word deur polities-korrekte optrede, dan kom daar rooi ligte  rondom die DA aan,” sê Duvenhage.

Zille het tot Dinsdag tyd om op haar skorsing te reageer.

Luister volledige Brandpunt-onderhoud hier:

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This