Zim-leerling bly glo van skole weg weens hongerte

Zim-leerling bly glo van skole weg weens hongerte

Leerlinge in sommige dele van Zimbabwe bly glo in groot getalle van skole af weg weens hongerte wat deur die erge droogte in die land veroorsaak word.

Volgens die staatsbeheerde Chronicle-koerant is dit veral skoolkinders in die Matabeleland-streek wat geraak word.

‘n Provinsiale direkteur, Boithathelo Mnguni, sê die El Nino-droogte wat in die meeste dele van Zimbabwe voorkom, eis sy tol onder kinders.

Die Verenigde Nasies se kinderagentskap, Unicef, sê ‘n miljoen kinders in Oos- en Suider-Afrika ly aan akute ondervoeding ná twee jaar van droogte en die sterkste El Nino-verskynsel in 50 jaar.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This