Zimbabwe se president Robert Mugabe sê sy regering gaan die besit van alle diamantmyn-operasies in die land oorneem, omdat die bestaande maatskappye Zimbabwe van sy rykdom beroof het.
Sy aankondiging kom ‘n week nadat die ministerie van mynwese alle mynmaatskappye beveel het om hulle bedrywighede te staak en die Marange-mynvelde te verlaat, omdat hulle glo nie hul lisensies hernu het nie.
Van die buitelandse mynmaatskappye het reeds in die verband met regsgedinge teen die Zimbabwiese regering begin.
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé