Zuma kry nuwe straler al is daar niks geld

Zuma kry nuwe straler al is daar niks geld

Die regering gaan sy plan in werking stel om vir president Jacob Zuma ‘n peperduur nuwe straler te koop al het die departement van verdediging nie eens genoeg geld om sy eie militêre planne in werking te stel nie.

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa­-Nqakula, het in die parlement die koop van die straler weer bevestig en terselfdertyd ook erken haar departement het nie geld om van sy eie noodsaaklike hersieningsplanne in werking te stel nie.

Volgens haar word stappe gedoen om ekstra geld vir die departement te kry.

Oor die splinternuwe presidensiële straler het sy gesê die departement van verdediging kan die koop daarvan nie vermy nie omdat dit die derpartement se verantwoordelikheid is om leiers en hul gaste veilig te vervoer.

Netwerk24 berig die DA het onlangs gesê die regering kan tot R3,4 miljard bespaar om aan ander voorkeursake in sy begroting te bestee as hy nie die presidensiële straler koop nie.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Be the first to comment on "Zuma kry nuwe straler al is daar niks geld"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This