Zuma moet bedank want “SA verdien beter”

Zuma moet bedank want "SA verdien beter"

Invloedryke sakelui in Suid-­Afrika het Woensdag die eerste keer in die openbaar president Jacob Zuma se kop geëis en sterk standpunt ingeneem omdat hulle glo “Suid-­Afrika verdien beter”.

Nadat die bekende sakeman Johann Rupert Woensdagoggend gesê het Zuma moet “ter wille van ons kinders se toekoms” asseblief bedank, het nog sakeleiers hul stemme gevoeg by die eis dat Zuma opsy moet staan.

Dr. Michael Jordaan, uitvoerende hoof van Montegray Capital en voormalige uitvoerende hoof van FNB, het gesê as dit waar is dat pres. Zuma aangebied het om te bedank, is dit jammer dat dit nie aanvaar is nie, want Suid­-Afrika verdien beter.

Russell Loubser, voormalige hoof van die JSE, het gesê hy stem saam dat Zuma moet bedank omdat hy alle geloofwaardigheid verloor het.

Netwerk24 berig ander sakeleiers soos Sandile Zungu, adjunkpresident van die Black Business Council, het egter gesê hulle steun nie Rupert en ander sakelui se standpunt nie, terwyl sommige sakelui nie standpunt wou inneem nie.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This