“Zuma is ‘n las vir die ANC” – Cosatu

Sassa-saak: "ANC moet rede gee om stil te staan"

Cosatu beskryf president Jacob Zuma as ‘n las vir die ANC.

Die vakbondfederasie is bekommerd oor oproepe van binne die regerende party dat opgetree moet word teen ANC-lede wat Dinsdag se parlementêre mosie teen Zuma gesteun het.

Woordvoerder Sizwe Pamla sê daardie LP’s moet besef wat die werklike probleem binne die ANC is.

Anton Smith

Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This