Zuma ontvang amptelike brief oor sy herroeping van die ANC se topses

MAGASHULE SKERP GEKRITISEER OOR SKOMMEL VAN RAAD

Die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule en sy adjunk, Jessie Duarte,
het by president Jacob Zuma se ampswoning in Pretoria aangekom waar ‘n amptelike brief oor sy herroeping na verwagting aan hom oorhandig gaan word.

Hy word daarin amptelik in kennis gestel van die ANC se besluit om hom te
herroep.

Die ANC se mediakonferensie oor President Zuma se toekoms, is vroeër verskuif van twaalf-uur na twee-uur vanmiddag by Luthuli-huis omdat die brief nog oorhandig moes word.

Aanduidings is dat Zuma met ‘n mosie van wantroue uit sy amp verwyder kan word, nadat hy na bewering steeds weier om te bedank.

Zuma is laatnag oor sy herroeping ingelig.

Hy het dit glo verwerp en nog drie maande in sy amp gevra, wat geweier is.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé