Zuma se lot word bekend vandag

Zuma se lot word bekend vandag

Suid-Afrikaners en die wêreld sal vanmiddag om 12-uur weet wat is die lot van President Jacob Zuma.

Netwerk24 berig dan sal ‘n amptelike verklaring deur die ANC by Luthuli-huis uitgereik word.

As die nasionale uitvoerende komitee soos verwag word vir Zuma herroep, sal dit steeds van die president afhang of hy vrywillig wil bedank.

Die NUK het kragtens wetgewing nie die mag om Zuma af te dank nie en parlementêre prosesse soos die mosie van wantroue sal dan gevolg moet word om hom te verwyder.

As Zuma weier om vrywillig te bedank, word verwag dat die ANC self die mosie van wantroue teen hom gaan instel.

Die NUK het tot vanoggend vroeg vergader en volgens verskeie bronne besluit om Zuma te herroep.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This